send link to app

Donkerland


4.8 ( 8128 ratings )
摄影与录像 娱乐
开发 Media24 Limited
自由

Donkerland is ’n dramareeks van 13 uurlange episodes wat op kykNET uitgesaai word. Die reeks is gegrond op die bekroonde gelyknamige verhoogproduksie, geskryf deur die Hertzog-bekroonde Deon Opperman. Donkerland se verhaal speel af oor ’n tydperk van 158 jaar, van 1838 tot 1996. Met die veranderende sosiopolitieke landskap van Suid-Afrika as agtergrond, volg Donkerland die lief en leed van sewe generasies uit ’n setlaarsfamilie en die swart werkersfamilie op die plaas Donkerland in die Weenendistrik van Kwazulu-Natal. Gebruik die Donkerland App om jou kykervaring te verryk met video’s, foto’s en onderhoude oor wat agter die skerms gebeur.